top of page

Die hart agter die bediening

Ek is alicia - vrou, mamma, EN immigrant.  MAAR AGTER DIE TITELS IS DAAR OOK 'N STORIE VAN VERLIES, GEBROKENHEID, VERKEERDE KEUSES, GELOOF EN 'N NUWE BEGIN.

EK HET GELEER DAT GELOOF NIE BETEKEN JOU LEWE IS SONDER MOEILIKE HOOFSTUKKE NIE.  DIT BETEKEN DAT JY SELFS DAAR, TUSSEN DIE VRAE EN DIE SEER, GOD KAN ONTMOET.

DIE HART AGTER KOMYN & KOMYNTJIE IS EENVOUDIG; OM 'N PLEK TE SKEP WAAR MENSE KAN ASEM HAAL, BEHOORT, GROEI EN WEER HOOP VIND.  'N PLEK VIR EERLIKE GESPREKKE, WARE STORIES, GOD SE WOORD EN DIE HERINNERING DAT JOU STORIE NOG NIE KLAAR GESKRYF IS NIE.

HIER HOEF JY NIE EERS ALLES UITGESORTEER TE HE OM WELKOM TE WEES NIE.

Ek het hoop nodig
Ek wil God beter leer ken

Waar bevind jou hart hom vandag?

Vind bemoediging, geloof en hulpbronne vir waar jy vandag is.

Ek is ’n immigrant
Ek is ’n ouer
Ek dra seer
Ek soek ’n spreker

Gratis Aanlyn Bybelstudie vir vroue

Kom soos jy is en groei saam met ons in god se woord.

Ons stap saam deur die bybel, vra die moeilike vrae en ontdek hoe god se woord steeds vandag met ons alledaagse lewe praat.

gratis * afrikaans * aanlyn * vir vrouens * veilige spasie

Agter elke immigrant is 'n storie wat nie in 'n tas gepak kon word nie.

Stories van afskeid en 'n nuwe begin.  Van verlange, aanpassing, geloof, verlies en hoop.  Hier deel gewone mense eerlik die reis van wat hulle gevind het en wat hulle langs die pad geleer het.

Luggage on Carousel
Michelle se storie

"GEE JOUSELF VYF JAAR"

Nog 'n storie is op pad

Nog 'n storie is op pad, want agter elke immigrasie is daar 'n verhaal wat verdien om gehoor te word.

Cozy Coffee Scene
Het jy 'n storie om te deel?

HET JY JARE TERUG OP IMMIGRASIE BESLUIT OF IS JY DALK NUUT OP JOU REIS, EK WIL GRAAG HOOR VAN DIE MOOI, DIE MOEILIKE EN ALLES TUSSEN IN.

Alicia as Spreker

eerlike boodskappe, gewortel in god se woord en gedeel vanuit 'n lewe wat self deur moeilike hoofstukke gestap het.

- alicia venter-

GELOOF, GENESING & GROEI

VROU WEES * IDENTITEIT

EMIGRASIE * EMIGRASIE DEPRESSIE

GEBROKENHEID TOT HERSTEL

SEISOENE VAN DIE LEWE

765929862_122210358836576436_4396000723443959528_n.jpg

Soms het 'n mens nie al die antwoorde nodig nie - net 'n veilige plek om eerlik te wees, gehoor te word en weer 'n bietjie perspektief te kry.

Ek bied een-tot-een geloofsgebaseerde ondersteuningsgesprekke vir mense wat deur moeilike seisoene, emigrasie, verlies, verandering, geloofsvrae of persoonlike uitdagings stap.

My benadering kombineer 'n oor wat luister, praktiese ondersteuning en geloof - sonder oordeel en sonder die verwagting dat jy eers alles moet uitsorteer en perfek wees.

AANLYN OF IN PERSOON * EEN-TOT-EEN * VEILIGE SPASIE *GELOOFSGEBASEERD

Ek is tans besig met my Advanced Diploma in Psychology, Counselling & Mental Health.  Hierdie gesprekke bied geloofsgebaseerde ondersteuning en geestelike begeleiding en is nie 'n plaasvervanger vir professionele sielkundige, mediese of krisisdienste nie. 

'n Veilige plek om te praat

Een-tot-een Ondersteuningsgesprek

45 minute | Aanlyn of in persoon

'n Persoonlike gesprek met ruimte vir dit waarmee jy tans worstel  - of dit emigrasie, verlies, verandering, geloof, verhoudings of bloot 'n moeilike seisoen is.

$40 AUD per sessie 

R300 per sessie 

Uit my hart vir jou reis

Eerlike woorde oor geloof, emigrasie, ouerskap, gebrokenheid, herstel en die gewone lewe - geskryf om jou te laat weet jy stap nie alleen nie.

Jy hoef nie alleen deur jou hoofstuk te stap nie

Of jy hier is op soek na geloof, ondersteuning, 'n plek om jou storie te deel, of net 'n bietjie hoop - jy is welkom hier.

bottom of page